Vlam Vat Kidz

Kinders is vir ons belangrik en ons glo die omgewing waar hulle God beleef
speel ‘n groot rol. Ons omgewings is ingerig om kinders in te trek, te laat
uitsien en opgewonde te maak om daar te wees.

Vlam Vat Kidz se fokus is kinders tussen die ouderdomme van 3-8 jaar.
Ons lessies, waarhede, Bybelstories en aktiwiteite word op ‘n praktiese en
verstaanbare manier vir hulle ouderdom uitgewerk en is doelbewus so
geskep dat dit kinders leer en laat groei om Jesus te leer ken en ‘n lewendige
verhouding met Hom te kan hê.

By Vlam Vat Kidz leer ons die kinders dat:

· God lief is vir my.
· Ek lief is vir God en vir mense.
· Deur my liefde vir God en mense, verander ek die wêreld.

Sien daarna uit om jou kind by Vlam Vat Kidz te ontmoet!

Wanneer vind Vlam Vat Kidz plaas?

Sondae tydens die oggenddiens om 9:00.
Vir enige navrae kontak Marlindie Booyens by
079 502 3059 of marlindie@brandpunt.church